And the mysterious NWCT strikes again!

With apologies to my English readership:-) and extracted from the Republikein’s report some time ago:

“IEWERS in Namibië loop waarskynlik iemand rond wat onbewus is dat hy ’n Toyota Land Cruiser gewen het. Die Namibiese Natuurlewe Bewaring Trustfonds (NWCT) se geldinsamelingskompetisie waarin ’n Land Cruiser die topprys was, se gelukstrekking van die wenners is op 31 Desember (2010)  op Swakopmund gehou. Die kompetisie word jaarliks gehou om geld vir die NWCT in te samel. Die NWCT gebruik die geld om diere te rehabiliteer en terug in die natuur te verplaas.”

Loosely translated – 

“Somewhere in Namibia someone is walking around unaware that he won a Toyota Land Cruiser. The Namibian Wildlife Conservation Trust Fund (NWCT) fundraising competition, where a Land Cruiser was the top prize, had its lucky draw on 31 December (2010) in Swakopmund. The competition is held annually to raise money for the NWCT. NWCT uses the money to rehabilitate animals and transfer them back into the wild.”

This was the last news about a ‘winner’ of a brand new Toyota Landcruiser pickup, courtesy the Namibian Wildlife Conservation Trust’s annual fund-raising raffle-campaign!  Folks in Namibia seem to be unwilling to be drawn into any kind of dialogue concerning the facts of this wildlife conservation fund-raising ‘raffle’. 


And I now believe the internet is the reason why no one wants to take this story seriously…read on!

It’s a story about a locally registered trust (T38/06) represented by a certain Mr Gert Petrus (“Poenie”) Weakley, called the “Namibian Wildlife Conservation Trust” which, according to brief descriptions in the Republikein, is engaged in wildlife rehabilitation. 

Official Trust papers at the Master’s Office in Windhoek are not much more informative, except to identify the farm where this wildlife rehabilitation is purportedly taking place – a portion of the farm Kleinbegin 117, some 40 odd kilometres west of Outjo, on the road to Kamanjab.  There’s also a record of the trustees – Poenie, (I presume) his wife Marlize, and a certain Mr Petrus Johannes Jansen, of the farm Alarana in the Okahandja district.

Poenie Weakley has been raffling thousands of tickets to support the Namibian Wildlife Conservation Trust. Indeed, he’s quite the publicity hound with publicity about the Trust’s raffling efforts in Namibia written exclusively in the Republikein, one of our local newspapers. There’s media covering the raffle competition as far back as 2006.

Since 2006, Namibians and visitors to Namibia have faithfully injected millions of Namibia dollars into this raffle, in the hope of that lucky ticket winning a new Toyota Landcruiser! It seems a truly noble fund-raising scheme – the Trust sells in excess of 15,000 x N$100 tickets each year in aid of wildlife rehabilitation at Mr Weakley’s rehabilitation centre.



So what wildlife rehabilitation is the NWCT engaged in? Hearsay has it that there was a sick crocodile at one stage…a few years ago, but surprisingly, there is absolutely nothing documented on the actual rehabilitation centre which Weakley apparently claims costs him a fortune in veterinary bills – hence his need to raffle Landcruisers each year – and this got my alarm bells ringing — in contrast, all other Namibian wildlife rehabilitation centres are always in the news with diverse wildlife stories… even about their favourite movie stars!  They certainly all have some kind of web site describing the work they do…

Except Poenie.

The absence of any public record or documentation of any wildlife rehabilitation by Poenie is most disturbing! Poenie is surprisingly hard to reach on the phone; but I guess the rehabilitation of wildlife keeps him out of range for the numbers provided on the raffle tickets, and the NWCT email address in Namibia has failed to elicit any response to my salutations. 

Accordingly, all attempts to arrange a (newsworthy!) visit to his rehabilitation centre have come to naught, and it is unclear exactly what wildlife has benefitted from this very successful raffle-campaign.

Some time ago, I googledthe Namibian Wildlife Conservation Trust and landed up at a well-designed website – the www.namwild.com website, and soon determined that there are two identical trusts called the *Namibian Wildlife Conservation Trust*, one registered in Namibia and the other one in the UK

 While both are perfectly legal entities, as I have subsequently found out, there is absolutely *NO* relation between these trusts, except in their (identical) names! What are the legal implications, if any, of having two trusts with an identical name, one locally and one in the UK?

This UK-based NWCT website (and their up-to-date FaceBook page) takes you to several research projects and bonafide wildlife conservation organisations in Namibia. But not Poenie’s NWCT! And this made me wonder how many Namibians have found this web site, and have been suckered into believing that Poenie’s NWCT is that very same respectable and very generous organisation committed to wildlife conservation and rehabilitation in Namibia?

So here’s my problem – there are some genuine wildlife rehabilitation centres in Namibia. If Poenie’s NWCT is not what it’s supposed to be, then it can do a lot of harm to other bonafide centres and their allies in Namibia and abroad. 

After all, it’s a small community. I should like to get to the bottom of this story – the last raffle winners (two Landcruisers were raffled) were announced at some festival in Swakopmund on new year’s eve 2010.

Landcruiser winners

First winner ever = Papenfuss ? No further record of such a person in the media
C.E. Wustrow
P.Lorentz
B.Thorburn
W.Marais

Prize winners 2010 = 

Festus K  (kaartjienommer 14959).
Bonus Toyota Land Cruiser wenner: Peter (B0113).


UK based Trust info =

NAMIBIAN WILDLIFE CONSERVATION TRUST
LIMITED
C/O CDS
BANK CHAMBERS
29 HIGH STREET
EWELL
EPSOM
KT17 1SB
Contact
Tel: 0208 786 362
Email: info@namwild.com
JOHN MCFADDEN

The following articles were published in the Republikein 


Wat dit soveel meer uniek vir mnr. Thorburn gemaak het, is dat dit ook sy verjaardag was. “Dit is inderdaad die grootste en beste verjaardaggeskenk wat ek nog ooit gekry het,” het hy telefonies aan die koerant gesê. Namibian Wildlife Conservation Trust (NWCT) wat beseerde diere rehabiliteer en versorg totdat dit weer in die natuur terug geplaas word, loods al die afgelope vier jaar die Land Cruiser-projek om geld vir hul rehabilitasie-program in te samel.

Mnr. Wittes Marais van Windhoek staan hier by die Land Cruiserbakkie wat hy op Oujaarsdag in ’n trekking van NWCT gewen het.

Die opbrengs word hoofsaaklik aangewend vir veeartskoste, voedsel vir die diere en die daarstelling van kampe en ander geriewe om die diere te kan versorg totdat dit voldoende herstel het om weer veld toe te gaan. Die man in beheer van NWCT, mnr. Poenie Weakley, sê alle kaartjies is vanjaar ’n paar uur voor die sluiting van die kompetisie uitverkoop.

Altesaam 15 000 kaartjies is verkoop, maar vir elke kaartjie wat verkoop is, het die koper nog een as toegif gekry. “Ons het dus 30 000 kaartjies gehad waaruit ons die trekking moes doen,” het mnr. Weakley verduidelik. Die rede waarom daar twee trekkings was, het hy verduidelik, was omdat mense wat kaartjies wou verkoop, ’n volle boekie moes koop wat N$5 000 kos.


Full article

6.01.2010
Twee Land Cruisers kry base

Mnr. Bokkie Thorburn van Rosh Pinah het ook ’n nuwe bakkie gewen, en dit nogal op sy verjaardag.
LAND Cruiser-bakkies met ’n gesamentlike waarde van meer as N$750 000 het op Oujaarsdag nuwe base gekry toe twee gelukkige Namibiërs se name in ’n trekking op Swakopmund bekend gemaak is. Die twee wenners is mnre. Wittes Marais van Windhoek en Bokkie Thorburn van Rosh Pinah.

Wat dit soveel meer uniek vir mnr. Thorburn gemaak het, is dat dit ook sy verjaardag was. “Dit is inderdaad die grootste en beste verjaardaggeskenk wat ek nog ooit gekry het,” het hy telefonies aan die koerant gesê. Namibian Wildlife Conservation Trust (NWCT) wat beseerde diere rehabiliteer en versorg totdat dit weer in die natuur terug geplaas word, loods al die afgelope vier jaar die Land Cruiser-projek om geld vir hul rehabilitasie-program in te samel.

Mnr. Wittes Marais van Windhoek staan hier by die Land Cruiserbakkie wat hy op Oujaarsdag in ’n trekking van NWCT gewen het.
Die opbrengs word hoofsaaklik aangewend vir veeartskoste, voedsel vir die diere en die daarstelling van kampe en ander geriewe om die diere te kan versorg totdat dit voldoende herstel het om weer veld toe te gaan. Die man in beheer van NWCT, mnr. Poenie Weakley, sê alle kaartjies is vanjaar ’n paar uur voor die sluiting van die kompetisie uitverkoop.

Altesaam 15 000 kaartjies is verkoop, maar vir elke kaartjie wat verkoop is, het die koper nog een as toegif gekry. “Ons het dus 30 000 kaartjies gehad waaruit ons die trekking moes doen,” het mnr. Weakley verduidelik. Die rede waarom daar twee trekkings was, het hy verduidelik, was omdat mense wat kaartjies wou verkoop, ’n volle boekie moes koop wat N$5 000 kos.

Me. Trish Engelbrecht van Kanaal 7 trek die wenkaartjies uit ’n totaal van 30 000 kaartjies.
Elkeen wat so ’n boekie gekoop het, se naam het in ’n trekking gekom. Aan die einde van die dag was daar 185 name waaruit die naam van mnr. Wittes Marais van Windhoek getrek is. Mnr. Thorburn se naam is uit die res van die 30 000 kaartjies getrek vir sy verjaardaggeskenk.

“Ek is op die oomblik op Hentiesbaai en gebruik reeds my bakkie om mee vis te vang,” het mnr. Marais laat weet toe Republikein met hom in verbinding was. Mnr. Thorburn sal nog tot die einde van Februarie moet wag, want die nuwe Land Cruiser-bakkies met die nuwe V6- petrolenjin is baie skaars en daar word volgens ’n waglys gewerk.

“Ag nee wat, ek geen nie om vir die bakkie te wag nie. Ek wou nog altyd ’n Cruiser gehad het, nou kry ek een sonder dat ek daarvoor moet betaal. Wie sal nou omgee om vir ’n maand of twee te wag?” het hy gekorswil.

Deon Eysele

17.12.2009
Land Cruisers soek nog base

Albei Land Cruisers is die afgelope week by inkoopsentrums in Windhoek uitgestal, waar mense ook kaartjies kon koop.

TYD is besig om te loop vir voornemende Namibiërs wat die Nuwejaar met ’n splinternuwe Land Cruiser-bakkie wil inry.

Vir die twee Land Cruisers wat vanjaar deur die Namibian Wildlife Conservation Trust uitgeloof word, is daar nog net 15 boekies vir die bonus-trekking oor, terwyl die kaartjies vir die ander Land Cruiser besig is om vinnig uit te loop.

Mnr. Poenie Weakley, stigter van die trust, het aan Republikein gesê hy het al begin wonder of daar vir die laaste twee weke voor die einde van die kompetisie op 31 Desember genoeg kaartjies gaan wees.

“Daar is ongelooflike goeie belangstelling in die kompetisie vanjaar en ek wil net baie dankie sê aan mense wat kaartjies gekoop het en ons so goed ondersteun.”

Om vanjaar die kompetisie groter en meer uitdagend te maak en groter bewusmaking oor omgewingsbewaring te skep, het die trust vanjaar besluit om twee Land Cruisers uit te loof. Om die eerste Land Cruiser te wen, kan Jan en Alleman ’n kaartjie koop.

Om die tweede Land Cruiser te wen, moet ’n mens ’n boekie met kaartjies koop, wat die koper weer moet verkoop. Maar in dié boekie is ’n ekstra kaartjie met die verkoper se naam op.

“Ons het vanjaar 200 ekstra boekies vir die bonus Land Cruiser laat druk. Daarvan is nog net 15 boekies oor. Mense wat graag een uit 200 wil wees wat die bonusbakkie wil wen en help om kaartjies te verkoop, kan my bel om ’n boekie te kry.

“Andersins sal ons in die volgende twee weke op Swakopmund by Shoprite of die Superspar of op Walvisbaai wees waar mense kaartjies kan koop.”

Die Namibian Wildlife Conservation Trust is ’n organisasie wat met wees- en beseerde wilde diere werk.

“Ons kry diere van regoor Namibië wat weens verskeie redes wees gelaat is. Ons probeer om die meeste van hulle te rehabiliteer en weer in die natuur te hervestig. Ongelukkig kan baie van hulle nie gerehabiliteer word nie en is hulle gedwing om ’n permanente tuiste by ons te vind.”

Mnr. Weakley het verduidelik dat kampe wat deur die Ministerie van die Omgewing en Toerisme goedgekeur is, opgerig moet word. Daarby moet mediese uitgawe en kos ook betaal word.

“Dit is ’n enorme finansiële uitgawe en daarom het ons op die geldinsamelingsprojek besluit.”

Die trekking van beide Land Cruisers sal op 31 Desember plaasvind. Vir meer besonderhede en navrae kan mnr. Weakley by 081 262 7958 geskakel word. Kaartjies is ook tot 23 Desember by die Biltong Shop in Maerua Mall beskikbaar.

Nicolette Jacobie


9.01.2009
Kompetisie-bakkie kry baas
DIE bruin Toyota Land Cruiser-bakkie waarvoor lootjies deur die Namibian Wildlife Conservation Trust verlede jaar verkoop is, het sy eienaar gekry. Op 31 Desember is kaartjie nommer 03194 wat deur P. Lorentz gekoop is, as die wenkaartjie op Swakopmund getrek.

Mnr. Poenie Weakley van die trust het aan Republikein gesê Namibiërs het die projek baie goed ondersteun. “Dit is die derde jaar wat ons die kompetisie aanbied en vanjaar het dit beslis die beste gegaan. Ons het sowat 8 000 kaartjies verkoop en vir elkeen wat verkoop is, het ons ’n gratis kaartjie bygegee.” Die geld wat met die kaartjies ingesamel is, word gebruik om die bakkie te betaal en dan weesdiere en wilde diere wat seergekry het, te versorg.

Mnr. Weakley het gesê sy gesin is al jare lank betrokke by die rehabilitasie van diere, maar in 2005 het dit te veel geraak om dit net teen die plaas se rekening te dra. “Ons het die trust geregistreer en in 2006 ons eerste Land Cruiser laat uitloot.”

Hy sê sedertdien het die gewildheid van die kompetisie toegeneem. Die naaswenners in die kompetisie is A. Ipinge en GVR Els wat albei ’n vierwielmotorfiets losgeslaan het. Die ander pryswenners is: Tessa de Jager (N$2 000), Hamakoa Paulus (N$1 500), Macaria Lukas (N$1 000), Deon Swart (N$500), A. Maier (N$250) en Anna van der Westhuizen (N$200).

Die volgende persone het elk N$100 gewen: Hester Kotze, David Imbili, Simon Kaukungwa, Carol-Ann Sowden, André Basson, Deon Nasima, Tessa de Jager, Edna Botha, J.S. Ambunda en P. Vollprecht.

10.01.2008
Poenie se bakkie kry baas

Mnr. Poenie Weakly (links) oorhandig die sleutels van die splinternuwe Land Cruiser aan ‘n oorstelpte mnr. C.E. Wustrow. winner 2007
SY nommer was een uit duisende en mnr. C.E. Wustrow was oorstelp van blydskap toe sy naam tydens die Mej. Palmstrand-kroning in Swakopmund uit die hoed getrek is en hy ‘n splinternuwe Toyota Land Cruiser bakkie ryker geword het. Duisende kaartjies is verlede jaar landwyd vir die gelukstrekking verkoop. Die geld wat op die wyse ingesamel is, sal gebruik word om projekte van die Namibian Wildlife Conservation Trust uit te voer. Die organisasie het ten doel om dierewesies sover moontlik te rehabiliteer en indien moontlik weer in die wildernis te hervestig.

Mnr. Poenie Weakly het aan die begin van 2006 die trust gestig om wilde diere wat in huishoudings as troeteldiere aangehou word en oorbodig geraak het, te versorg of soveel as moontlik van hulle te rehabiliteer. Die versorging van die diere wat in sy sorg gelaat is, het egter gou te veel geword en dus moes bykomende geld vir die projek gekry word. Dit is hoe die gelukstrekking met die Land Cruiser bakkie as eerste prys gebore is. Mnr. Wustrow is die tweede wenner van die bakkie.

Saam met hom het agt ander mense elk ‘n prys ontvang en is tien pryse vir die tiende plek uitgeloof. B. van Vuren het die tweede prys, ‘n miniatuur veldvoertuig, gewen. ‘n Splinternuwe kwad was die derde prys wat deur C. Kambongarera gewen is. Die gelukstrekking is deur Quinton- Steele Botes en Ebi Halberstad (Braam van Egoli) behartig.

Niël Terblanché


12.12.2007
Nuwe bakkie in die spel

Mnr. Poenie Weakley, stigter van die Namibia Wildlife Conservation Trust, het onlangs die nuwe Toyota Land Cruiser-bakkie in ontvangs geneem. Die bakkie kan nog voor die einde van die jaar met ‘n gelukstrekking gewen word. Me. Angelene Wiese en mnr. Etienne Steenkamp van die Namibiese Motorhandelaarsraad het die bakkie aan mnr. Weakly oorhandig. Die bakkie word voor The Biltongshop in die Maerua-inkoopsentrum uitgestal.
NAMIBIËRS moet gou spring om nog in ag geneem te word vir ‘n gelukstrekking waarin ‘n splinternuwe bakkie gewen kan word. Kaartjies kos N$100 elk, maar twee word vir die prys van een weggegee. Die trekking vind op 22 Desember vanjaar saam met die Miss Palm Beach-skoonheidskompetisie op Swakopmund plaas. Die geld wat ingesamel word, gaan deur Namibia Wildlife Conservation Trust gebruik word om met die rehabilitering van dierewesies te help.

Die rehabilitasieprogram het begin met ‘n klein luiperdwelpie wat in ‘n slagyster beland het en toe ‘n tweede kans op die lewe gegun is. Sedertdien het dierewesies die Namibia Wildlife Conservation Trust oorstroom en moes planne inderhaas beraam word om al die kleintjies te versorg. Mnr. Poenie Weakly was aan die begin van verlede jaar genoodsaak om die trust te stig om wilde diere wat oorbodig geraak het, te versorg of soveel as moontlik van hulle weer in die wildernis te hervestig.

“Ons het te make met mense wat in ‘n oomblik van oordadige menslikheid of selfsugtigheid klein diertjies soos krimpvarkies, meerkatte, rooikatte, bobbejane en selfs koedoekalwers vang en na hul huise neem om as troeteldiere groot te maak. Wanneer die diere begin grootword en nie meer so oulik is nie, word hulle oorbodig en begin die verwaarlosing,” sê mnr. Weakley.

Mense verkeer dikwels onder die indruk dat hulle diertjies red wat alleen in die veld gesien word, maar net die teenoorgestelde is waar. Wanneer diere uit hul natuurlike omgewing geneem word, word ‘n doodvonnis in die meeste gevalle oor hulle uitgespreek, juis omdat hulle uiteindelik oorbodig en te veel moeite raak.


“Die diere raak in menslike terme stout en onhanteerbaar omdat hulle nie in hul natuurlike omgewing is nie en wanneer dit gebeur, kan of wil die mense nie meer vir hulle sorg nie. ‘n Ander probleem is die korrekte voeding. Mense weet nie watter soort kos om vir die diere te gee nie en dit lei gewoonlik tot gesondheidsprobleme en reuseveeartsrekeninge.” Mnr. Weakley sê in die meeste gevalle het mense permitte nodig om ‘n sekere diersoort aan te hou en wanneer die dier siek word, raak die moontlikheid groter dat die onwettige besit aan die lig sal kom wanneer hulle die diere na ‘n veearts sou neem.
Dan moet ‘n plan met die diere gemaak word. Sedert die stigting van die trust moes mnr. Weakley verskeie kampe volgens die spesifikasies van die Ministerie van die Omgewing en Toerisme oprig om die groot aantal diere te versorg. “Die plan is om soveel moontlik van die diere weer in die natuur terug te plaas, maar in die meeste gevalle is dit te laat en moet hulle vir die res van hul lewens versorg word. Baie van die diere gaan terug veld toe, maar hulle bly altyd naby ons omdat hulle ons met ‘n trop of iets dergeliks verbind.”

Die Namibia Wildlife Conservation Trust is in Februarie vanjaar gestig om die insameling van geld vir die oprigting van kampe en die aankoop van die korrekte soort voeding vir die dierewesies moontlik te maak. “Die versorging van die diere sou nie so ‘n groot probleem gewees het as elke mens wat een by ons aflaai, net ‘n skenking aan die trust maak nie. Party laai sommer net die dier in ‘n hok voor die plaashek af en verwag van ons om verder daarna om te sien. As hulle dit in hulle harte kan sien om ons te help, kan diegene selfs ‘n anonieme skenking maak.”

Kaartjies is onder meer by The Biltongshop beskikbaar, maar verskeie sakeondernemings regoor die land verkoop ook kaartjies. Volgens mnr. Weakley moet mense net op die uitkyk wees vir die plakkate in die ondernemings. Die trust kan vir verdere besonderhede by 067 312 196 of 081 262 7958 gekontak word. E-pos kan aan nwct@mweb.com.na gestuur word.

Niël Terblanché

15.06.2007
Wildlewetrust stuur insamelingsveldtog van stapel
‘n TELEVISIESPAN uit Duitsland het aan die begin van verlede jaar in een van die 20 episodes wat hulle oor Namibië gemaak het, die werksaamhede van die Namibia Wildlife Conservation Trust aan kykers in Europa bekendgestel.
Die trust beywer hom om dierewesies te rehabiliteer sodat die diere weer in die wildernis vrygelaat kan word.
Aan die stuur van sake staan mnr. Poenie Weakley en hy het die trust aan die begin van verlede jaar gestig sodat hy kan geld insamel vir die wesies om hulle die beste moontlike versorging te bied.
Die rehabilitasie van dierewesies het begin met ‘n klein luiperdwelpie wat in ‘n slagyster beland het en toe ‘n kans op lewe gegee is.
Sedertdien het weeskinders in die diereryk die trust oorstroom en moes planne inderhaas gemaak word om al die kleintjies te versorg.
Volgens mnr. Weakly het dit nodig geword om wilde diere wat in huishoudings oorbodig geraak het, te versorg of soveel as moontlik van hulle weer in die wildernis te hervestig.
“Ons het te make met mense wat in ‘n oomblik van oordadige menslikheid of selfsugtigheid klein diertjies soos krimpvarkies, meerkatte, rooikatte, bobbejane en selfs koedoekalwers vang en na hul huise neem om as troeteldiere groot te maak. Wanneer die diere begin groot word en nie meer so oulik is nie, word hulle oorbodig en dan begin die verwaarlosing,” sê mnr. Weakley.
Mense verkeer dikwels onder die indruk dat hulle diertjies “red” wat alleen in die veld gesien word, maar net die teenoorgestelde is waar. Wanneer diere uit hulle natuurlike omgewing geruk word, word ‘n doodsvonnis in die meeste gevalle oor hulle uitgespreek, juis omdat hulle uiteindelik oorbodig en te veel moeite raak.
“Die diere raak in menslike terme stout en onhanteerbaar omdat hulle nie in hul natuurlike omgewing is nie. Wanneer dit gebeur, kan of wil die mense nie meer vir hulle sorg nie. ‘n Ander probleem is die korrekte voeding. Mense weet nie watter soort kos om vir die diere te geen nie en dit lei gewoonlik tot gesondheidsprobleme en groot veeartsrekeninge.”
Mnr. Weakley sê in die meeste gevalle het mense permitte nodig om ‘n sekere diersoort aan te hou. Wanneer die dier siek word, word die moontlikheid groter dat die onwettige besit aan die lig sal kom wanneer hulle die diere na ‘n veearts sou neem. Dan moet ‘n plan met die diere gemaak word.
“Soos met honde, katte en ander troeteldiere is die aanbreek van die vakansieseisoen ook gewoonlik die begin van ‘n ongewenste doodsvonnis vir dierewesies omdat dit die einde van die liefde en gevoel van barmhartigheid beteken.”
Sedert die stigting van die trust moes hy verskeie kampe volgens die spesifikasies van die Ministerie van die Omgewing en Toerisme oprig om die groot getalle dierewesies te versorg.
“Die plan is om so veel as moontlik van die diere weer terug in die natuur te plaas, maar in die meeste gevalle is dit te laat en moet hulle vir die res van hul lewens versorg word. Baie van die diere gaan terug veld toe, maar hulle bly altyd naby aan ons omdat hulle ons met ‘n trop of iets dergeliks assosieer.”
Benewens die koste moet ‘n veearts ook betaal word om na siek diere om te sien.
“Die versorging van die diere sou nie so ‘n groot probleem gewees het as elke mens wat een by ons aflaai, net ‘n skenking aan die trust maak nie. Party laai sommer net die dier in ‘n hok voor die plaashek af en verwag van ons om verder daarna om te sien. As hulle dit in hul harte kan vind om ons te help, kan diegene selfs ‘n anonieme skenking maak.”
Mnr. Weakley en sy span het besluit om vanjaar weer ‘n kompetisie te hou waarin ‘n splinternuwe Toyota Land Cruiser-bakkie as eerste prys gewen kan word. Saam met die bakkie kan ‘n nuwerwetse duinebesie en ‘n vierwielmotorfiets gewen word.
Kaartjies vir die gelukstrekking sal eersdaags by ‘n verskeidenheid sakeondernemings beskikbaar wees. Volgens mnr Weakley moet mense wat graag ‘n bydrae wil maak en moontlik ‘n splinternuwe bakkie wen, op die uitkyk wees vir die trust se plakkaat.
“Die kaartjies sal orals waar die plakkaat ten toon gestel word, beskikbaar wees. Indien ‘n persoon een kaartjie koop, kry hy ‘n tweede een op die koop toe en maak dit die kans om die bakkie te wen, soveel groter.”
Die trust kan vir verdere besonderhede by 067 312 196 of 081 262 7958 gekontak word. Vonkpos kan aan nwct@mweb.com.na gestuur word.
Die trekking van die wenners sal gedurende Desmber vanjaar tydens die gewilde Miss Palmbeach-skoonheidskompetisie in Swakopmund plaasvind.



Niël Terblanché


NWCT Toyota Oorhandeging
Contributed by Administrator Friday, 24 November 2006 Last Updated Monday, 27 November 2006
Vrydag oggend 09:00 het Poenie Weakley (stigter van Namibia Wildlife Conservation Trust) die Toyota ontvang van Brian Puren van Ritter’s Toyota. Hierdie Toyota Landcruiser 4.2 Diesel bakkie is die eerste prys van die kompetisie wat Namibia Wildlife Conservation Trust hardloop. Die doel van hierdie kompetisie is om geld in te samel vir die weesdiertjies se versorging, kos, kampe as ook veearts kostes.

Die Namibia Wildlife Conservation Trust werk uit en uit net op donasies en vra niemand wat ‘n beseerde dier na hulle vat enige kostes nie. Daarom het Poenie Weakley hierdie kompetisie begin om nodige fondse in te samel. So het The Biltong Shop (wat in die agtergrond is) ook uit gehelp om in minder as twee maande kaartjies ter waarde van N$ 110 000.00 te verkoop. Rene van der Colf van Dennis Pique het sy donasie gegee deur die bakwerk van die eerste prys te doen. Dit wil wys dat enige persoon op enige manier ‘n bydrae kan maak om die span te help om die lewe van weesdiertjies gemakliker te kan maak.Indien daar enige navrae is kan jy vir Poenie Weakley skakel by 081 262 7958. Die trekking van die landswye kompetisie vind plaas by Langstrand op 20 Desember waar hulle sommer ‘n groot familiedag gaan hou.
Advertisements
About

Read my blog

Posted in #namibia, conservation, land cruiser, NWCT, ongava, poenie weakley, raffle, republikein, trust, wildlife

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: